Huweliksherdenking

■ Johan en Christa Cronje van Parow Noord het onlangs hul 60ste huweliksherdenking gevier met ‘n ete by die Blue Peter hotel, Blouberg. Albei is in hul goue jare en geniet nog goeie gesondheid.